degenereer [boodskap #139658] |
Sat, 09 July 2022 17:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
degenereer
Afbreking: de•ge•ne•reer
Samestelling: de- + genereer
Werkwoord: degenereer
Verlede tyd: het gedegenereer
Betekenis:
• Om af te neem of te verminder.
Gebruik:
• Voor die oorplanting word skenker se hart verkoel om te keer dat dit degenereer.
• Daarna het die situasie vinnig gedegenereer.
Sinoniem:
• agteruitgaan
• ontaard
• versleg
• verswak
Verwant:
• degenerasie
• degeneratief
• degenereerde
Vertaling:
Engels: to degenerate
Nederlands: degenereren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|