bekendstelling [boodskap #139657] |
Sat, 09 July 2022 12:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bekendstelling
Afbreking: be•kend•stel•ling
Samestelling: bekendstel + -ing
Selfstandige naamwoord: bekendstelling
Meervoud: bekendstellinge, bekendstellings
Verkleinwoord: bekendstellinkie
Meervoud van verkleining: bekendstellinkies
Betekenis:
• Die handeling van bekendstel of 'n geleentheid waartydens iets bekendgestel word.
Gebruik:
• Die intrige begin met die bekendstelling van die karakters binne 'n bepaalde situasie.
Sinoniem:
• aankondiging
• bekendmaking
• inleiding
• introduksie
• invoering
• openbaring
• tertafellegging
• tewaterlating
• voorstelling
Afgelei:
• bekendstellingsbrief
• bekendstellingsgeleentheid
Vertaling:
Engels: introduction, launch
Nederlands: introductie, lancering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|