| andersins [boodskap #139646] |
Do., 07 Julie 2022 11:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
andersins
Afbreking: an•der•sins
Samestelling: ander + sin + -s
Bywoord: andersins
Betekenis:
• In 'n ander sin/opsig; op 'n ander manier.
Gebruik:
• Dit het nie gereën toe ek by die huis weg is nie, andersins sou ek 'n sambreel saamgebring het.
Wisselvorm:
• andersinds
Sinoniem:
• afwykend
• anders
• verskillend
• origens
Vertaling:
Engels: otherwise, in another way/manner
Nederlands: anderszins
Nota:
• Wanneer die "omgekeerd" of "teenoorgesteld" bedoel word, sien andersyds.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|