toegee [boodskap #139640] |
Mon, 04 July 2022 17:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toegee
Afbreking: toe•gee
Samestelling: toe + gee
Werkwoord: gee toe, toegee
Verlede tyd: het toegegee
Betekenis:
• Om iemand anders se punt in te sien of te aanvaar.
Gebruik:
• As sondaars jou wil verlei, my seun, moenie toegee nie. [Spreuke 1:10]
Spreekwoord:
• Hy wil nie een aks toegee nie. [Hy is koppig en wil nie ingee nie.]
Sinoniem:
• aanvaar
• abdikeer
• erken
• ingee
• insien
• kapituleer
• kompromeer
• konformeer
• swig
• terugstaan
• toelaat
• toestaan
• toestem
• vergun
Antoniem:
• volhard
Afgelei:
• toegeeflik
• toegeepad
• toegeeteken
• toegewing
Vertaling:
Engels: to give in, yield, admit, acknowledge
Nederlands: toegeven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|