verduistering [boodskap #139618] |
Thu, 30 June 2022 17:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verduistering
Afbreking: ver•duis•te•ring
Samestelling: verduister + -ing
Selfstandige naamwoord: verduistering
Meervoud: verduisteringe, verduisterings
Betekenis:
• Die handeling van donker maak; verdonkering.
• Die handleiding van geld steel; bedrog pleeg.
Gebruik:
• Ons gaan later vandag na die verduistering van die son kyk.
• 'n Werknemer is van verduistering aangekla nadat hy R1000 000 van sy werkgewer gesteel het.
Afgelei:
• geldverduistering
• maansverduistering
• sonsverduistering
• toekomsverduistering
Vertaling:
Engels: darkening, eclipse; embezzlement
Nederlands: verduistering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|