chronometer [boodskap #139616] |
Thu, 30 June 2022 14:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
chronometer
Afbreking: chro•no•me•ter
Samestelling: chrono- + meter
Selfstandige naamwoord: chronometer
Meervoud: chronometers
Verkleinwoord: chronometertjie
Meervoud van verkleining: chronometertjies
Betekenis:
• Enige horlosie, klok of ander toestel wat besonder akkuraat tyd hou.
Gebruik:
• Volgens die Internasionale Bond van Horlosiemakers is 'n chronometer 'n besonder noukeurige, draagbare horlosie van hoë kwaliteit wat aan die eise van die sterrekunde voldoen.
Wisselvorm:
• kronometer
Sinoniem:
• slagwerk
• tydmeter
• uurwerk
Hiponiem:
• metronoom
• polshorlosie
• stophorlosie
Afgelei:
• chronometergang
• chronometerhorlosie
Verwant:
• chronologies
• chronometrie
Vertaling:
Engels: chronometer
Nederlands: chronometer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|