stremsel [boodskap #139611] |
Wed, 29 June 2022 15:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stremsel
Afbreking: strem•sel
Samestelling: strem + -sel
Selfstandige naamwoord: stremsel
Meervoud: stremsels
Betekenis:
• 'n Ensiem wat melk laat stol, tradisioneel uit die melkpens van kalwers verkry.
• Kos wat gestrem/ verdik is.
Gebruik:
• 'n Mens kan nie kaas sonder stremsel maak nie.
• Sny die stremsel in blokke van 2 cm dik.
Sinoniem:
• stremstof
Afgelei:
• kaasstremsel
• stremselpoeding
• stremselpoeier
• stremseltablet
Vertaling:
Engels: rennet
Nederlands: stremsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|