balsem [boodskap #139607] |
Mon, 27 June 2022 13:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
balsem
Afbreking: bal•sem
Selfstandige naamwoord: balsem
Meervoud: balsems
Verkleinwoord: balsempie
Meervoud van verkleining: balsempies
Betekenis:
• 'n Welriekende soort hars, hoofsaaklik van die balsemboom (familie Burseraceae).
Gebruik:
• Balsem word gebruik as salf om pyn te verlig, maar in die ou tyd is dit ook gebruik om lyke te bewaar.
Sinoniem:
• lykolie
• lyksalf
Hiponiem:
• dennebalsem
• kanadabalsem
• sitroenbalsem
• wildebalsem
• wondbalsem
Afgelei:
• balsemagtig
• balsemer
• balsemgeur
• balsemgom
• balsemhout
• balseming
• balsemkopiva
• balsemkruid
Vertaling:
Engels: balm, balsam, ointment
Nederlands: balsem
Werkwoord: balsem
Verlede tyd: het gebalsem
Betekenis:
• Om 'n liggaam teen ontbinding te behandel.
Gebruik:
• Die Egiptenare het hulle dooies gebalsem.
Sinoniem:
• mummifiseer
• preserveer
• salf
Afgelei:
• inbalsem
Vertaling:
Engels: to embalm
Nederlands: balsemen
Nota:
• Nardus is 'n soort balsem.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|