kragwoord [boodskap #139603] |
Sun, 26 June 2022 10:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kragwoord
Afbreking: krag•woord
Samestelling: krag + woord
Selfstandige naamwoord: kragwoord
Meervoud: kragwoorde
Verkleinwoord: kragwoordjie
Meervoud van verkleining: kragwoordjies
Betekenis:
• Woord wat sterk emosie uitdruk.
Gebruik:
• Is donner 'n kragwoord of 'n vloekwoord?
Sinoniem:
• kragterm
Verwant:
• gevoelswoord
• pejoratief
• vloekwoord
Vertaling:
Engels: power word
Nederlands: krachtwoord, machtswoord
Nota:
• 'n Kragwoord is meestal nie so erg soos 'n vloekwoord nie, maar is steeds nie vir beleefde geselskap bedoel nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|