vloekwoord [boodskap #139602] |
Sun, 26 June 2022 09:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vloekwoord
Afbreking: vloek•woord
Samestelling: vloek + woord
Selfstandige naamwoord: vloekwoord
Meervoud: vloekwoorde
Verkleinwoord: vloekwoordjie
Meervoud van verkleining: vloekwoordjies
Betekenis:
• Woord wat as taboe beskou word omdat dit godlasterend, beledigend, obseen, ens. is.
Gebruik:
• Wanneer is 'n vloekwoord 'n vloekwoord en in watter konteks is gekruide taal toelaatbaar?
Sinoniem:
• grootwoord
• knoop
• kragwoord
• obseniteit
• skelwoord
• vervloeking
• verwensing
• vulgariteit
Vertaling:
Engels: swear word, curse word
Nederlands: scheldwoord, krachtterm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|