swelgparty [boodskap #139600] |
Sun, 26 June 2022 08:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swelgparty
Afbreking: swelg•par•ty
Samestelling: swelg + party
Selfstandige naamwoord: swelgparty
Meervoud: swelgpartye
Verkleinwoord: swelgpartytjie
Meervoud van verkleining: swelgpartytjies
Betekenis:
• Partytjie waar mense aan kos en drank swelg (gulsig en met groot slukke eet/drink).
Gebruik:
• Terwyl Moses op die berg is maak die volk 'n goue kalf en verlustig hulle aan 'n bandelose en sedelose swelgparty.
Sinoniem:
• Bacchusfees
• brassery
• suipery
• swelgery
Vertaling:
Engels: bacchanal, revelry, orgy
Nederlands: zwelgpartij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|