Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gomtor
gomtor [boodskap #139583] Thu, 23 June 2022 18:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gomtor
Afbreking: gom•tor
Samestelling: gom + tor


Selfstandige naamwoord: gomtor
Meervoud: gomtorre

Betekenis:
• Persoon van lae klas. Iemand wat onopgevoed en agteraf is.
• Bruin of swartbruin kewer met lang voelhorings en kragtige monddele.

Gebruik:
• Hy is 'n regte gomtor!
• 'n Gomtor vreet die gom van doringbome.

Sinoniem:
• damduiker
• ghwar
• gomgat
• hierjy
• javel
• lummel
• skorriemorrie

Vertaling:
Engels: lout, uncouth person
Nederlands: ongemanierd persoon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toraks
Volgende onderwerp: gespierd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:22:37 UTC 2025