kontensieus [boodskap #139571] |
Tue, 21 June 2022 13:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kontensieus
Afbreking: kon•ten•si•eus
Byvoeglike naamwoord: kontensieus
Attributief: kontensieuse
Betekenis:
• Wat bespreking, onenigheid en rusie veroorsaak.
Gebruik:
• Die aangeleentheid is kontensieus en moet met omsigtigheid benader word.
Sinoniem:
• aanvegbaar
• betwisbaar
• omstrede
• opspraakwekkend
• polemies
• veelbesproke
Vertaling:
Engels: contentious
Nederlands: contentieus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|