verwaandheid [boodskap #139570] |
Tue, 21 June 2022 13:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwaandheid
Afbreking: ver•waand•heid
Samestelling: verwaand + -heid
Selfstandige naamwoord: verwaandheid
Meervoud: verwaandhede
Betekenis:
• Die mate waarin iemand verwaand is (te veel van homself dink).
Gebruik:
• Verwaandheid bring vernedering. Nederigheid bring wysheid. [Spreuke 11:2]
Sinoniem:
• arrogansie
• eiewysheid
• hooghartigheid
• hoogmoedigheid
• selfvoldaanheid
• vermetelheid
• waanwysheid
Vertaling:
Engels: presumptuousness, arrogance, cockiness
Nederlands: verwaandheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|