Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ondervinding
ondervinding [boodskap #139551] Sat, 18 June 2022 17:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ondervinding
Afbreking: on•der•vin•ding
Samestelling: ondervind + -ing


Selfstandige naamwoord: ondervinding
Meervoud: ondervindinge, ondervindings
Verkleinwoord: ondervindinkie
Meervoud van verkleining: ondervindinkies

Betekenis:
• Dit wat 'n mens leer deur iets self te doen of te beleef.

Gebruik:
• Persone wat vir die pos aansoek doen moet oor 'n toepaslike kwalifikasie en minstens 5 jaar se ondervinding beskik.

Spreekwoord:
Ondervinding is die beste leermeester. ['n Mens leer die beste deur iets self te doen of deur te maak.]

Sinoniem:
• belewenis
• ervaring
• wedervaringe

Hiponiem:
• handelsondervinding
• navorsingsondervinding
• werksondervinding

Vertaling:
Engels: experience
Nederlands: ondervinding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: noodwendig
Volgende onderwerp: definitief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:18:30 UTC 2025