vervulling [boodskap #139546] |
Fri, 17 June 2022 14:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vervulling
Afbreking: ver•vul•ling
Samestelling: vervul + -ing
Selfstandige naamwoord: vervulling
Meervoud: vervullings
Betekenis:
• Die handeling van vervul (om vol/volledig te maak).
Gebruik:
• Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. [Romeine 13:10]
Sinoniem:
• bereiking
• nakoming
• uitvoering
• verwesenliking
• voltooiing
Afgelei:
• ampsvervulling
• diensvervulling
• lewensvervulling
• plaasvervulling
• pligsvervulling
• taakvervulling
• wensvervulling
Vertaling:
Engels: fulfilment, realisation
Nederlands: vervulling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|