verdeelbord [boodskap #139545] |
Fri, 17 June 2022 14:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verdeelbord
Afbreking: ver•deel•bord
Samestelling: verdeel + bord
Selfstandige naamwoord: verdeelbord
Meervoud: verdeelborde
Verkleinwoord: verdeelbordjie
Meervoud van verkleining: verdeelbordjies
Betekenis:
• 'n Bord met skakelaars (en soms ook liggies) vanwaar elektriese vloei beheer word.
Gebruik:
• Elke huis het 'n verdeelbord met 'n hoofskakelaar, 'n aardlek en stroombrekers.
Sinoniem:
• distribusiebord
• kragbord
• verdeelskakelbord
Vertaling:
Engels: distribution board, switchboard, patch panel
Nederlands: schakelpaneel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|