Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » penseel
penseel [boodskap #139541] Thu, 16 June 2022 10:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskeie pensele: rond; plat; rond met kort hare; kattong; waaier; skuins; mop; sleper
Verskeie pensele: rond; plat; rond met kort hare; kattong; waaier; skuins; mop; sleper
penseel
Afbreking: pen•seel


Selfstandige naamwoord: penseel
Meervoud: pensele
Verkleinwoord: penseeltjie
Meervoud van verkleining: penseeltjies

Betekenis:
• 'n Soort kwas met sagte, soepel hare waarmee geskilder word.

Gebruik:
• Besluit vooraf wat jy wil skilder en watter penseel die beste sal werk.

Sinoniem:
• skilderkwas

Hiponiem:
• freskopenseel
• kameelhaarpenseel
• kleurpenseel
• punteerpenseel
• tintpenseel

Afgelei:
• penseelhaal
• penseelstreek
• penseelvoering
• penseelvormig
• penseelwerk

Vertaling:
Engels: paintbrush
Nederlands: penseel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oneerlik
Volgende onderwerp: verifieer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:21:39 UTC 2025