bakleierig [boodskap #139538] |
Thu, 16 June 2022 08:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bakleierig
Afbreking: ba•klei•e•rig
Samestelling: baklei + -erig
Byvoeglike naamwoord: bakleierig
Vergrotende trap: bakleieriger
Oortreffende trap: bakleierigste
Attributief: bakleierige
Betekenis:
• Wat maklik baklei.
Gebruik:
• Die seun is bakleierig en heel kontant met sy vuiste.
Sinoniem:
• aanvallend
• aggressief
• antagonisties
• ergerlik
• humeurig
• oorlogsugtig
• opvlammend
• peperagtig
• skoorsoekerig
• strydlustig
• twisgierig
• twissiek
• uitdagend
• veglustig
Antoniem:
• vreedsaam
Vertaling:
Engels: quarrelsome, confrontational, aggressive
Nederlands: twistziek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|