grootbek [boodskap #139537] |
Wed, 15 June 2022 17:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grootbek
Afbreking: groot•bek
Samestelling: groot + bek
Selfstandige naamwoord: grootbek
Meervoud: grootbekke
Verkleinwoord: grootbekkie
Meervoud van verkleining: grootbekkies
Betekenis:
• Iemand wat grootpraat (spog en aandik).
• 'n Mens of dier met 'n groot mond/bek.
Gebruik:
• Jy kan nie 'n woord glo wat uit daai grootbek se mond kom nie.
• 'n Grootbek-geelvis het 'n groot bek.
Sinoniem:
• grootmond
• grootprater
• lawaaimaker
• pronker
• raasbek
• sensasiesoeker
• spekskieter
• windlawaai
• windmaker
Afgelei:
• grootbekkig
Vertaling:
Engels: boaster, braggart, swaggerer
Nederlands: grootbek
Nota:
• Soms ook 'n byvoeglike naamwoord (boastful).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|