baat [boodskap #139533] |
Wed, 15 June 2022 07:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
baat
Afbreking: baat
Werkwoord: baat
Verlede tyd: het gebaat
Betekenis:
• Om 'n voordeel te gee.
Gebruik:
• Wat sal dit jou baat?
• Dit het hom niks gebaat nie!
Sinoniem:
• begunstig
• bevoordeel
• bevorder
• help
Vertaling:
Engels: to avail, be of use
Nederlands: baten
Selfstandige naamwoord: baat, bate
Meervoud: bate, bates
Betekenis:
• 'n Wins of voordeel (meestal in vaste verbindings).
Gebruik:
• Jy sal beslis daarby baat vind.
• Die geld sal ten bate van die armes gebruik word.
Sinoniem:
• aanwins
• nut
• profyt
• voordeel
• wins
Afgelei:
• baatsoeker
• baatsug
• voorbaat
Vertaling:
Engels: profit, benefit, gain, advantage
Nederlands: baat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|