lanterfanter [boodskap #139531] |
Sun, 12 June 2022 20:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lanterfanter
Afbreking: lan•ter•fan•ter
Werkwoord: lanterfanter
Verlede tyd: het gelanterfanter
Betekenis:
• Om rond te loop en niks in besonders te doen nie.
Gebruik:
• Ons gaan die hele vakansie deur lanterfanter.
Sinoniem:
• drentel
• leeglê
• leegloop
• luier
• rondloop
• slenter
• tydmors
Afgelei:
• lanterfantery
Vertaling:
Engels: to slack, loiter, loaf
Nederlands: lanterfanteren
Selfstandige naamwoord: lanterfanter
Meervoud: lanterfanters
Betekenis:
• Iemand wat rondloop en niks konstruktief verrig nie.
Gebruik:
• Moenie met daai lanterfanter trou nie!
Sinoniem:
• dagdief
• leeglêer
• leegloper
• luiaard
• niksdoener
• stoepsitter
Vertaling:
Engels: slacker, loiterer, loafer, good-for-nothing
Nederlands: lanterfanter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|