balustrade [boodskap #139529] |
Sun, 12 June 2022 11:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
balustrade
Afbreking: ba•lus•tra•de
Selfstandige naamwoord: balustrade
Meervoud: balustrades
Betekenis:
• 'n Lae heining of muur, ongeveer op die hoogte van 'n volwassene se middellyf.
Gebruik:
• Om te keer dat mense afval, word 'n hoë plek (soos 'n balkon, galery, trap, platform of brug) dikwels van 'n balustrade voorsien.
Sinoniem:
• borsleuning
• borswering
• traliewerk
Vertaling:
Engels: balustrade, railing
Nederlands: balustrade
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|