Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verblyf
verblyf [boodskap #139524] Sat, 11 June 2022 13:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verblyf
Afbreking: ver•blyf


Selfstandige naamwoord: verblyf
Meervoud: verblywe
Verkleinwoord: verblyfie
Meervoud van verkleining: verblyfies

Betekenis:
• Die handeling van tydelik woon; êrens tyd deurbring; oorbly.
• 'n Tuiste of ander plek waar 'n mens kan oorbly (woon).

Gebruik:
• Die verblyf sluit 'n heerlike ontbyt, middagtee en 'n driegang-aandete in.
• Ons moet verblyf soek voordat die son sak.

Sinoniem:
• akkommodasie
• blyplek
• herberg
• huisvesting
• losies
• onderdak
• tehuis

Hiponiem:
• buiteverblyf
• dagverblyf
• losiesverblyf
• nagverblyf
• oornagverblyf
• selfsorgverblyf
• somerverblyf
• vakansieverblyf
• vrouverblyf

Afgelei:
• verblyfagentskap
• verblyfkoste
• verblyfpermit
• verblyfplek
• verblyfreg
• verblyftoelaag

Vertaling:
Engels: stay, abode; residence
Nederlands: verblijf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inlê
Volgende onderwerp: onmiskenbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:28:09 UTC 2025