Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inlê
inlê [boodskap #139523] Sat, 11 June 2022 09:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
inlê
Afbreking: in•lê
Samestelling: in + lê


Werkwoord: lê in, inlê
Verlede tyd: het ingelê
Verlede deelwoord: ingelegde, ingelegte

Betekenis:
• Om iets in iets anders te sit of te lê.
• Om vir latere gebruik te bewaar.
• (informeel) Om laat te slaap / tuis te bly.
• (figuurlik) Om iets met mening/geweld te doen.

Gebruik:
• Die kroon is met edelstene ingelê.
• Ons gaan die perskes wat oorbly inlê.
• Ons is moeg na gister se bedrywighede en gaan vandag bietjie inlê.
• As die kinders stout is moet jy maar die aapstert inlê.

Sinoniem:
• bottel
• inkan
• inmaak
• inpak
• inpekel
• insout
• marineer
• preserveer
• verstroop

Afgelei:
• inlêbedryf
• inlêblad
• inlêboek
• inlêbottel
• inlêer
• inlêery
• inlêfabriek
• inlêfles
• inlêgroente

Vertaling:
Engels: to preserve, can, bottle
Nederlands: inleggen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: invryf
Volgende onderwerp: verblyf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:31:11 UTC 2025