Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » invryf
invryf [boodskap #139522] Sa., 11 Junie 2022 07:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24152
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
invryf
Afbreking: in•vryf
Samestelling: in + vryf


Werkwoord: vryf in, invryf
Verlede tyd: het ingevryf
Verlede deelwoord: ingevryfde (ingevryfte)

Betekenis:
• Om te vryf tot alles in is.
• (figuurlik) Om iets by herhaling onder iemand se aandag te bring.

Gebruik:
• As die kind hoes kan jy 'n bietjie Vicks op sy bors invryf.
• Ag, dis nie nodig om dit so in te vryf nie.

Wisselvorm:
• invrywe

Sinoniem:
• insmeer
• inwerk

Antoniem:
• uitvryf

Vertaling:
Engels: to rub in
Nederlands: inwrijven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spoedperk
Volgende onderwerp: inlê
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 20 14:08:40 UTC 2025