Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mistroostig
mistroostig [boodskap #139514] Thu, 09 June 2022 08:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
mistroostig
Afbreking: mis•troos•tig
Samestelling: mis- + troos + -tig


Byvoeglike naamwoord: mistroostig
Vergrotende trap: mistroostiger
Oortreffende trap: mistroostigste
Attributief: mistroostige
Partitief: mistroostigs

Betekenis:
• Wat 'n mens verdrietig en nie vrolik maak nie; depressief en somber stem.

Gebruik:
• Die koue en nat weer maak my mistroostig.

Sinoniem:
• bedroef
• droewig
• grou
• melancholies
• mismoedig
• neerslagtig
• somber
• swaarmoedig
• terneergedruk
• trietsig
• troosteloos
• verdrietig

Afgelei:
• mistroostigheid

Vertaling:
Engels: dejected, miserable, disconsolate, downhearted, sad
Nederlands: mistroostig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swaarmoedig
Volgende onderwerp: inkleur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:34:10 UTC 2025