swaarmoedig [boodskap #139513] |
Thu, 09 June 2022 08:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swaarmoedig
Afbreking: swaar•moe•dig
Samestelling: swaar + moedig
Byvoeglike naamwoord: swaarmoedig
Vergrotende trap: swaarmoediger
Oortreffende trap: swaarmoedigste
Attributief: swaarmoedige
Partitief: swaarmoedigs
Betekenis:
• Met 'n swaar en somber gemoed.
Gebruik:
• Ná die oorlog was die mense van Duitsland terneergedruk en swaarmoedig.
Sinoniem:
• bedruk
• depressief
• droefgeestig
• ernstig
• melancholies
• moedeloos
• neerdrukkend
• neerslagtig
• somber
• stuurs
• swartgallig
• teneergedruk
• treurig
• verdrietig
Afgelei:
• swaarmoedigheid
Vertaling:
Engels: melancholy, depressed, somber, moody
Nederlands: zwaarmoedig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|