lewensiklus [boodskap #139510] |
Wed, 08 June 2022 15:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lewensiklus
Afbreking: le•wen•si•klus
Samestelling: lewe + -n- + siklus
Selfstandige naamwoord: lewensiklus
Meervoud: lewensiklusse
Betekenis:
• Die herhalende siklus van lewe en dood.
• Een van die siklusse waarin 'n organisme se lewe opgedeel kan word.
Gebruik:
• Woestynplante se lewensiklus is by die lae reënval aangepas.
• 'n Kriek se lewensiklus bestaan uit 'n eierstadium, 'n larwestadium en 'n volwasse stadium.
Sinoniem:
• lewensloop
• lewenstadium
• sirkelgang
• tydsiklus
Vertaling:
Engels: life cycle
Nederlands: levenscyclus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|