Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sekelstert
sekelstert [boodskap #139508] Wed, 08 June 2022 13:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bobbejaan met 'n sekelstert.
'n Bobbejaan met 'n sekelstert.
sekelstert
Afbreking: se•kel•stert
Samestelling: sekel + stert


Selfstandige naamwoord: sekelstert
Meervoud: sekelsterte
Verkleinwoord: sekelstertjie
Meervoud van verkleining: sekelstertjies

Betekenis:
• 'n Stert wat so krom soos 'n sekel (met die vorm van 'n halfmaan) staan.
• Skertsende naam vir 'n bobbejaan.

Gebruik:
• 'n Hond het slap ore en 'n krullerige of kort stert, maar 'n wolf het spitse ore met 'n lang sekelstert.
• Ou sekelstert klim die berg om die Boere te vererg.

Vertaling:
Engels: sickle tail, arched tail; baboon
Nederlands: sikkelstaart


Bywoord: sekelstert

Betekenis:
• Ewe selfvoldaan; vol selfvertroue.

Gebruik:
• Die rugbyspelers loop sekelstert na hul oorwinning.

Vertaling:
Engels: sickle-tailed
Nederlands: sikkelstaart

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bekamp
Volgende onderwerp: improvisasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:09:10 UTC 2025