Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rasper
rasper [boodskap #139506] Tue, 07 June 2022 20:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kaas word met 'n rasper gerasper.
Kaas word met 'n rasper gerasper.
rasper
Afbreking: ras•per


Selfstandige naamwoord: rasper
Meervoud: raspers
Verkleinwoord: raspertjie
Meervoud van verkleining: raspertjies

Betekenis:
• Kombuisgereedskap met gaatjies en skerp randjies om kos fyn te maak.
• Vyl met growwe tande waarmee hout of metaal afgewerk word.

Gebruik:
• Die kok kan nie onthou waar hy die rasper gebêre het nie.
• Die timmerman skuur die plank met 'n rasper af.

Afgelei:
• kaasrasper
• rasperagtig
• rasperstem
• raspertong
• raspervyl
• raspery

Vertaling:
Engels: rasp, grater, scraper
Nederlands: rasp


Werkwoord: rasper
Verlede tyd: het gerasper
Teenwoordige deelwoord: rasperende
Verlede deelwoord: gerasperde

Betekenis:
• Om met so 'n toestel fyn te maak.

Gebruik:
Rasper 'n bietjie kaas oor die kos.

Wisselvorm:
• raspe

Afgelei:
• afrasper

Vertaling:
Engels: to rasp, grate
Nederlands: raspen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inroer
Volgende onderwerp: bekamp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:39:39 UTC 2025