onfeilbaar [boodskap #139503] |
Mon, 06 June 2022 17:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onfeilbaar
Afbreking: on•feil•baar
Samestelling: on- + feilbaar
Byvoeglike naamwoord: onfeilbaar
Vergrotende trap: onfeilbaarder
Oortreffende trap: onfeilbaardste
Attributief: onfeilbare
Partitief: onfeilbaars
Betekenis:
• Sonder foute of swakhede (wat nie kan feil nie).
Gebruik:
• Die Bybel is tydloos en onfeilbaar.
• Mense maak foute en die regsproses is ook nie onfeilbaar nie.
Sinoniem:
• betroubaar
• foutloos
• onbetwisbaar
• onmiskenbaar
• perfek
• trefseker
• volmaak
Antoniem:
• feilbaar
Afgelei:
• onfeilbaarheid
Vertaling:
Engels: infallible, unfailing
Nederlands: onfeilbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|