Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitloop
uitloop [boodskap #139501] Mon, 06 June 2022 12:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitloop
Afbreking: uit•loop
Samestelling: uit + loop


Werkwoord: loop uit, uitloop
Verlede tyd: het uitgeloop

Betekenis:
• Om 'n ruimte te verlaat; na buite gaan.
• Om te begin groei; spruit; bot.
• Om in iets te eindig; resulteer.

Gebruik:
• Hy vererg hom en loop woedend die kamer uit.
• In die lente begin die bloeisels uitloop.
• Die vergadering het in 'n lelike bakleiery uitgeloop.

Antoniem:
• inloop

Vertaling:
Engels: to run out, walk out; to bud, sprout; to turn out, end
Nederlands: uitlopen


Selfstandige naamwoord: uitloop
Meervoud: uitlope

Betekenis:
• Plek waar iets uitloop (soos 'n uitlaat of uitmonding).

Gebruik:
• Die wasmasjien se uitloop is verstop.

Afgelei:
• uitloopsel
• uitloopsloot
• uitloopvoor
• uitloopwater

Vertaling:
Engels: outlet, mouth
Nederlands: uitloop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toonhoogte
Volgende onderwerp: plegtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:18:17 UTC 2025