Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitvloeisel
uitvloeisel [boodskap #139495] Sun, 05 June 2022 09:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvloeisel
Afbreking: uit•vloei•sel
Samestelling: uitvloei + -sel


Selfstandige naamwoord: uitvloeisel
Meervoud: uitvloeisels

Betekenis:
• 'n Vloeistof wat uit iets vloei.
• (figuurlik) Die resultaat of gevolg van iets.

Gebruik:
• Die rioolplaas se uitvloeisel besoedel die rivier.
• Tegnologie is 'n uitvloeisel van wetenskaplike navorsing.

Sinoniem:
• effek
• gevolg
• konsekwensie
• nadraai
• nasleep
• ramifikasie
• resultaat
• uitkoms
• uitwerking
• voortvloeisel

Afgelei:
• fabrieksuitvloeisel
• riooluitvloeisel

Vertaling:
Engels: effluence, outflow; outcome, result, consequence
Nederlands: uitvloeisel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dagmoeder
Volgende onderwerp: profilakties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:24:26 UTC 2025