dagmoeder [boodskap #139494] |
Sun, 05 June 2022 07:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dagmoeder
Afbreking: dag•moe•der
Samestelling: dag + moeder
Selfstandige naamwoord: dagmoeder
Meervoud: dagmoeders
Verkleinwoord: dagmoedertjie
Meervoud van verkleining: dagmoedertjies
Betekenis:
• 'n Vrou wat jong kinders deur die dag versorg.
Gebruik:
• Talle werkende moeders laai hulle kroos soggens by 'n dagmoeder af.
Sinoniem:
• kinderoppasser
Verwant:
• dagsorgsentrum
Vertaling:
Engels: day mother, child nursery, daycare center
Nederlands: kinderopvang, kinderdagverblijf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|