Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitstekend
uitstekend [boodskap #139491] Fri, 03 June 2022 17:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitstekend
Afbreking: uit•ste•kend
Samestelling: uitsteek + -end


Byvoeglike naamwoord: uitstekend
Vergrotende trap: uitstekender
Oortreffende trap: uitstekendste
Attributief: uitstekende
Partitief: uitstekends

Betekenis:
• (figuurlik) Wat besonder goed is.
• (ongewoon) Wat uitsteek.

Gebruik:
• Die konsert was uitstekend.
• Pasop vir die uitstekende punt.

Sinoniem:
• besonder
• bak
• buitengewoon
• eersteklas
• eersterangs
• fantasties
• klopdisselboom
• merkwaardig
• prima
• puik
• skitterend
• uitmuntend
• uitnemend
• uitstaande
• voortreflik
• wonderlik

Afgelei:
• uitstekendheid
• vooruitstekend

Vertaling:
Engels: outstanding, excellent, splendid, superb, first-rate; protruding
Nederlands: uitstekend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: winsgewend
Volgende onderwerp: debiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:44:17 UTC 2025