weë [boodskap #139488] |
Fri, 03 June 2022 10:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weë
Afbreking: we•ë
Selfstandige naamwoord: weg
Meervoud: weë
Verkleinwoord: weggie
Meervoud van verkleining: weggies
Betekenis:
• Meervoud van weg. Meer as een pad/weg.
Gebruik:
• Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. [Spreuke 3:6]
Afgelei:
• hoofweë
• spoorweë
• staatsweë
Vertaling:
Engels: roads, ways
Nederlands: wegen
Nota:
• Moenie "weë" met "wee" (tussenwerpsel) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|