verspot [boodskap #139479] |
Wed, 01 June 2022 14:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verspot
Afbreking: ver•spot
Samestelling: ver- + spot
Byvoeglike naamwoord: verspot
Vergrotende trap: verspotter
Oortreffende trap: verspotste
Attributief: verspotte
Betekenis:
• Wat so snaaks is dat mens daarvoor kan lag.
Gebruik:
• Moenie vir jou verspot hou nie!
Sinoniem:
• belaglik
• bespotlik
• dwaas
• gek
• geklik
• kinderagtig
• laf
• lagwekkend
• ligsinnig
• mal
• stuitig
Afgelei:
• verspotheid
• verspottigheid
Vertaling:
Engels: silly, foolish, ridiculous
Nederlands: gek, dwaas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|