wrang [boodskap #139478] |
Wed, 01 June 2022 10:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wrang
Afbreking: wrang
Uitspraak: /vrɑŋ/
Byvoeglike naamwoord: wrang
Vergrotende trap: wranger
Oortreffende trap: wrangste
Attributief: wrange
Betekenis:
• Met 'n onaangename suur (en bitter) smaak.
• (figuurlik) Met bitterheid.
Gebruik:
• Sitroensap het 'n wrang smaak. Dawid het die wrang vrugte van sy sonde gepluk.
• Agter haar wrang glimlag skuil baie hartseer.
Sinoniem:
• bytend
• sardonies
• sinies
• skerp
• suur
• suurderig
• vrank
Afgelei:
• wrangheid
Vertaling:
Engels: sour, bitter; bitter, rueful
Nederlands: wrang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|