| loef [boodskap #139469] |
Di., 31 Mei 2022 08:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die loef- en lykant van 'n skip.
loef
Afbreking: loef
Selfstandige naamwoord: loef
Meervoud: loewe
Betekenis:
• (skeepvaart) Die kant vanwaar die wind kom.
Gebruik:
• Te veel loef kan die seile beskadig.
• Die bemanning skuif van die ly na die loef van die dek.
Spreekwoord:
• Iemand die loef afsteek. [Iemand voorspring. Die wind uit sy seile neem.]
Sinoniem:
• windkant
Antoniem:
• ly
Afgelei:
• loefboom
• loefboord
• loefkant
• loefsy
Vertaling:
Engels: luff
Nederlands: loef
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|