toonaangewend [boodskap #139452] |
Sun, 29 May 2022 08:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toonaangewend
Afbreking: toon•aan•ge•wend
Samestelling: toon + aangee + -end
Byvoeglike naamwoord: toonaangewend
Vergrotende trap: toonaangewender
Oortreffende trap: toonaangewendste
Attributief: toonaangewende
Partitief: toonaangewends
Betekenis:
• Wat die toon aangee; as voorbeeld of model dien.
Gebruik:
• Koos du Plessis was toonaangewend in die Afrikaanse Musiek.
Sinoniem:
• leidend
• progressief
• rigtinggewend
Afgelei:
• toonaangewendheid
Vertaling:
Engels: leading, trendsetting
Nederlands: toonaangevend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|