godheid [boodskap #139447] |
Sat, 28 May 2022 13:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
godheid
Afbreking: god•heid
Samestelling: god + -heid
Selfstandige naamwoord: godheid
Meervoud: godhede
Betekenis:
• Bonatuurlik entiteit wat vereer of aanbid word (omdat geglo word dat dit vir aspekte van die werklikheid verantwoordelik is).
• Die toestand van god wees; goddelike natuur.
Gebruik:
• Apis is 'n heilige bul wat in Egipte as godheid vereer is.
• Die Godheid van God die Vader word regdeur die Bybel bloot aangeneem.
Sinoniem:
• goddelikheid
Vertaling:
Engels: deity, divinity
Nederlands: godheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|