Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdagte
verdagte [boodskap #139445] Sat, 28 May 2022 09:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdagte
Afbreking: ver•dag•te
Samestelling: verdag + -te
Uitspraak: /fərˈdaχ.tə/


Selfstandige naamwoord: verdagte
Meervoud: verdagtes

Betekenis:
• Iemand wat van iets (soos 'n misdaad) verdink word.

Gebruik:
• Die polisie ondervra die verdagte.

Sinoniem:
• beskuldigde
• vermeende

Afgelei:
• hoofverdagte
• medeverdagte
• moordverdagte

Vertaling:
Engels: suspect, defendant
Nederlands: verdachte


Byvoeglike naamwoord: verdag
Attributief: verdagte

Betekenis:
• Attributiewe vorm van verdag; wat van iets verdink word.

Gebruik:
• Die bomeenheid ondersoek die verdagte pakkie.

Sinoniem:
• agterdogtige
• onbewese
• suspisieuse
• twyfelagtige

Antoniem:
• bo verdenking

Vertaling:
Engels: suspected
Nederlands: verdachte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verdagmakery
Volgende onderwerp: verdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:30:48 UTC 2025