Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorgang
oorgang [boodskap #139442] Sat, 28 May 2022 07:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorgang
Afbreking: oor•gang
Samestelling: oor + gang


Selfstandige naamwoord: oorgang
Meervoud: oorgange
Verkleinwoord: oorgangetjie
Meervoud van verkleining: oorgangetjies

Betekenis:
• Plek waar daar van die een kant na die ander kant beweeg word.
• Die handeling van oorgaan; om van die een toestand na 'n ander te verander.

Gebruik:
• Die pad het nie 'n oorgang vir voetgangers nie.
• Op oujaarsaand word die oorgang van die ou na die nuwe gevier.

Sinoniem:
• omsetting
• omskakeling
• oorbrugging
• verandering
• transformasie
• transisie

Hiponiem:
• padoorgang
• meridaanoorgang
• sebraoorgang
• sonsoorgang
• spooroorgang
• spoorwegoorgang
• vee-oorgang
• versperringsoorgang
• voetoorgang

Afgelei:
• oorgangsbepaling
• oorgangseksamen
• oorgangsfase
• oorgangsjare
• oorgangskenmerke
• oorgangsklank
• oorgangsleeftyd
• oorgangsmaatreël
• oorgangsmetaal
• oorgangsmoment
• oorgangsnetwerke
• oorgangsperiode
• oorgangspunt
• oorgangsreg
• oorgangstadium
• oorgangstoestand
• oorgangstyd
• oorgangstydperk
• oorgangsvorm

Vertaling:
Engels: crossing, passage; transition, change over
Nederlands: overgang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swerwer
Volgende onderwerp: ereksie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:38:38 UTC 2025