Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuiwergat
skuiwergat [boodskap #139439] Wed, 25 May 2022 18:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
skuiwergat
Afbreking: skui•wer•gat
Samestelling: skuif + -er + gat


Selfstandige naamwoord: skuiwergat
Meervoud: skuiwergate
Verkleinwoord: skuiwergaatjie
Meervoud van verkleining: skuiwergaatjies

Betekenis:
• Gat wat oop- en toegeskuif kan word.
• Gat vir die dreinering van water of uitlaat van afvalstowwe.
• (figuurlik) 'n Verskoning om 'n situasie te vermy, of uitweg om 'n verantwoordelikheid te ontduik.

Gebruik:
• Die soldaat skiet deur 'n skuiwergat in die kasteel se muur.
• Die mis word onder deur die kraalmuur se skuiwergat geskuif.
• Daar is talle skuiwergate in die wet om belasting te ontduik.

Wisselvorm:
• skuiergat

Sinoniem:
• loergat
• skietgat
• rioolgat
• uitlaatgat
• ekskuus
• leemte
• ontduiking
• ontsnapping
• ontsnaproete
• uitkomkans
• uitkoms
• uitweg
• verskoning

Vertaling:
Engels: shutter-hole; scupper-hole, scaffolding-hole, putlog-hole; loophole, excuse
Nederlands: spuigat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tender
Volgende onderwerp: pluspunt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:20:52 UTC 2025