Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tender
tender [boodskap #139438] Wed, 25 May 2022 14:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
tender
Afbreking: ten•der


Selfstandige naamwoord: tender
Meervoud: tenders
Verkleinwoord: tendertjie
Meervoud van verkleining: tendertjies

Betekenis:
• 'n Aanbod om 'n produk of diens teen 'n bepaalde prys te lewer.
• (verouderd) Wa agter 'n lokomotief met water of kole, 'n haweboot, of hulpskip met voorraad.

Gebruik:
• Die goedkoopste tender sal aanvaar word.
• Hierdie lokomotief, saam met sy tender, is 27 meter lank en kan 'n trein van 1 300 ton trek.

Afgelei:
• tenderaar
• tenderbedrog
• tenderboot
• tenderdokument
• tenderlokomotief
• tenderproses
• tenderprys
• tenderraad
• tenderuitnodiging

Vertaling:
Engels: tender
Nederlands: tender


Werkwoord: tender
Verlede tyd: het getender

Betekenis:
• 'n Aanbod indien.

Gebruik:
• Jy tender nou vir moeilikheid.

Vertaling:
Engels: to tender
Nederlands: tenderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ambisie
Volgende onderwerp: skuiwergat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 17:48:21 UTC 2025