vrywillig [boodskap #139431] |
Mon, 23 May 2022 10:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrywillig
Afbreking: vry•wil•lig
Samestelling: vry + wil + -lig
Byvoeglike naamwoord: vrywillig
Vergrotende trap: vrywilliger
Oortreffende trap: vrywilligste
Attributief: vrywillige
Partitief: vrywilligs
Betekenis:
• Uit vrye wil en nie gedwonge nie.
Gebruik:
• Ingeënts is vrywillig en almal moet self besluit of hulle die inspuiting wil neem of nie.
Sinoniem:
• gewilliglik
• ongedwonge
• opsioneel
• spontaan
• vryelik
• vrylik
• vrywilliglik
Antoniem:
• gedwonge
• onvrywillig
• verpligtend
Afgelei:
• vrywilliger
• vrywilliges
• vrywilligheid
Vertaling:
Engels: voluntary, of one's own free will
Nederlands: vrijwillig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|