skoorvoetend [boodskap #139430] |
Mon, 23 May 2022 09:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skoorvoetend
Afbreking: skoor•voe•tend
Byvoeglike naamwoord: skoorvoetend
Attributief: skoorvoetende
Betekenis:
• Onwillig en met teensin, soos wanneer 'n mens iets doen wat jy nie regtig wil doen nie.
Gebruik:
• Die minister moes skoorvoetend erken dat Afrikaans en Nama inheemse tale is.
Sinoniem:
• aarselend
• huiwerig
• langtand
• onwillig
• teensinnig
• teësinnig
Vertaling:
Engels: reluctantly, hesitatingly
Nederlands: schoorvoetend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|