Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versterk
versterk [boodskap #139427] Sun, 22 May 2022 12:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
versterk
Afbreking: ver•sterk
Samestelling: ver- + sterk


Werkwoord: versterk
Verlede tyd: het versterk

Betekenis:
• Om sterker te maak, of sterker te word.

Gebruik:
• Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. [Jesaja 40:29]

Spreekwoord:
• Die inwendige mens versterk. [Iets eet of drink.]

Sinoniem:
• bemoedig
• fortifiseer
• verfris
• verhard
• verskans
• verstewig

Antoniem:
• verswak

Afgelei:
• versterkbaar
• versterkend
• versterker
• versterking

Vertaling:
Engels: to strengthen, reinforce
Nederlands: versterken


Byvoeglike naamwoord: versterk
Attributief: versterkte

Betekenis:
• Wat sterker of kragtiger gemaak is.

Gebruik:
• Die fort is van versterkte beton gebou.

Vertaling:
Engels: strengthend, reinforced
Nederlands: versterkt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verswak
Volgende onderwerp: musikus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 17:31:58 UTC 2025