korrel [boodskap #139425] |
Sat, 21 May 2022 19:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
korrel
Afbreking: kor•rel
Selfstandige naamwoord: korrel
Meervoud: korrels
Verkleinwoord: korreltjie
Meervoud van verkleining: korreltjies
Betekenis:
• Klein, ronderige liggaampie waaruit seker stowwe (soos graan) bestaan.
• 'n Vuurwapen se visier.
Gebruik:
• Maak seker dat elke korrel kunsmis naby die wortels val.
• Die soldaat stel sy geweer se korrel in.
Hiponiem:
• bladgroenkorrel
• druiwekorrel
• goudkorrel
• graankorrel
• haelkorrel
• hawerkorrel
• koringkorrel
• metaalkorrel
• peperkorrel
• ryskorrel
• saadkorrel
• sandkorrel
• soutkorrel
• stuifmeelkorrel
Afgelei:
• korrelagtig
• korrelig
• korrelrig
• korrelvormig
Vertaling:
Engels: granule, pellet; sight
Nederlands: korrel
Werkwoord: korrel
Verlede tyd: het gekorrel
Betekenis:
• Om met een oog na iets te loer; te mik of aanlê.
• Om korrels te vorm of te pluk.
Gebruik:
• Die jagter korrel na die bok en trek die sneller.
• Korrel die druiwe van die stronk en was dit skoon.
Afgelei:
• korrelhou
• korrelvat
• ontkorrel
• verkorrel
Vertaling:
Engels: to take aim
Nederlands: korrelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|